SPORT

RUGBY, 7’S RUGBY & PUMAKI-RUGBY

Spanne

o/7 & o/8 – Pumaki
o/9 & o/13 speel Vyftienman rugby
o/11 & o/12 seuns kry blootstelling aan 7’s rugby

Proewe

Die o/9, o/10, o/11, o/12 en o/13 seuns se proewe word in Januarie maand gehou.
Daar word 3 spanne gekies indien daar genoeg seuns is.

3de span
2de span
1ste span

3 x 7’s spanne wat uit o/11 en o/12 bestaan word gekies begin September.

Afrigting
Ons het 2 afrigters by elke span betrokke.

Wedstryde
Daar word gepoog om vir elke span 16 wedstryde per seisoen te reël.  Dit sluit in vriendskaplike wedstryde, toere en die Mpumalanga uitspele.

Toere
Die o/9 en o/10 spanne ondersteun elke jaar die Tzaneen rugbyweek.
Die o/11 en 2de span ondersteun elke jaar die Witrivier rugbyweek
Die 1ste span & o/11 span het die voorreg om verder te toer.

Mpumalanga uitspele
Die o/9, o/10, o/11 en 1ste span neem deel aan die uitspeel wedstryde.

Kleredrag
Die seuns speel in ‘n swart rugbybroek (word self voorsien).  Rugbytruie word voorsien.

Provinsiaal
o/12 en o/13 seuns wat goeie rugby speel vir die skoolspanne, word genomineer om aan die Ehlanzeni streekproewe deel te neem.

PUMAKI-RUGBY

Ons neem jaarliks aan 3 sportdae deel met 2 x o/7 spanne en 2 x o/8 spanne. Die klem val op ontwikkeling en elke spelertjie wat kom oefen kry kans om aan een van hierdie dae deel te neem. Hierdie jaar beloop om ‘n baie opwindende jaar te wees vir al ons spelers en mag ons skool talle voornemende Springbokke oplewer!

RUGBY, 7’S RUGBY & PUMAKI-RUGBY

Spanne

o/7 & o/8 – Pumaki
o/9 & o/13 speel Vyftienman rugby
o/11 & o/12 seuns kry blootstelling aan 7’s rugby

Proewe

Die o/9, o/10, o/11, o/12 en o/13 seuns se proewe word in Januarie maand gehou.
Daar word 3 spanne gekies indien daar genoeg seuns is.

3de span
2de span
1ste span

3 x 7’s spanne wat uit o/11 en o/12 bestaan word gekies begin September.

Afrigting
Ons het 2 afrigters by elke span betrokke.

Wedstryde
Daar word gepoog om vir elke span 16 wedstryde per seisoen te reël.  Dit sluit in vriendskaplike wedstryde, toere en die Mpumalanga uitspele.

Toere
Die o/9 en o/10 spanne ondersteun elke jaar die Tzaneen rugbyweek.
Die o/11 en 2de span ondersteun elke jaar die Witrivier rugbyweek
Die 1ste span & o/11 span het die voorreg om verder te toer.

Mpumalanga uitspele
Die o/9, o/10, o/11 en 1ste span neem deel aan die uitspeel wedstryde.

Kleredrag
Die seuns speel in ‘n swart rugbybroek (word self voorsien).  Rugbytruie word voorsien.

Provinsiaal
o/12 en o/13 seuns wat goeie rugby speel vir die skoolspanne, word genomineer om aan die Ehlanzeni streekproewe deel te neem.

PUMAKI-RUGBY

Ons neem jaarliks aan 3 sportdae deel met 2 x o/7 spanne en 2 x o/8 spanne. Die klem val op ontwikkeling en elke spelertjie wat kom oefen kry kans om aan een van hierdie dae deel te neem. Hierdie jaar beloop om ‘n baie opwindende jaar te wees vir al ons spelers en mag ons skool talle voornemende Springbokke oplewer!

ATLETIEK

Atletiek is die een sportsoort wat die geleentheid skep vir massadeelname by die skool. Elke leerder word die geleentheid gegun om hom/haar as atleet te bewys.

Byeenkomste
Ons neem aan ‘n verskeidenheid vriendskaplike byeenkomste deel wat opbou tot die prestige Interlaer. Hier word die atlete beloon vir die seisoen se harde werk.

Provinsiaal
Die top atlete van elke item word gekies om die skool te verteenwoordig tydens die Kringbyeenkoms.  Vandaar neem die top 2 atlete deel aan die Distrikte-byeenkoms.  Atlete word dan uitgenooi na die Mpumalanga byeenkoms.

Kleredrag
Die skool vereis dat elke atleet in die korrekte skool atletiekdrag deelneem.  Dit is beskikbaar by die skool se klerebank.

SWEM

Swem by ons skool het geweldig ontwikkel. Ons het baie provinsiale swemmers wat deelneem aan nasionale kampioenskappe. Swemoefening vind plaas in die 1ste en 4de kwartaal. Behalwe vir die fisiese voordele, is dit wetenskaplik bewys dat daar is ook voordele is met betrekking tot verbeterde konsentrasie en selfbeeld.
Kom en sluit aan by ons swemspan !

NOG SPORT

Skaak
Fietsry en Bergfiets
Gholf
Landloop

NETBAL & MINI-NETBAL

Visie:
Die doel van netbal is om ‘n liefde vir die sport en ‘n gebalanseerde lewenswyse by die dogters te kweek, asook om die nodige netbalvaardighede aan te leer. Netbal is ‘n kompeterende sport en so leer die dogters om na die beste van hul vermoë te presteer. Netbal word op weervaste bane gespeel. Laerskool Witrivier beskik oor 8 bane. Die netbalseisoen begin aan die einde van die eerste kwartaal en eindig in Junie van elke jaar.

Spanne:

Die O/7, O/8, O/9’s en O/10’s speel mini-netbal. Daar word nie telling gehou nie en massa deelname word aangemoedig. Ons poog om soveel moontlik dogtertjies te laat deelneem en die vaardighede word informeel aangeleer. Daar vind jaarliks ten minste 2 mini-netbal feesdae waaraan ons deelneem.

Die O/11’s speel kompeterende netbal, maar nie liga nie.  Die O/12 en O/13’s speel kompeterende netbal en word elke jaar geafillieer by Suid-Afrikaanse Skole Netbal (SASN).

Individuele proewe:

Die 0/12 en 0/13 dogters kan kwalifiseer om proewe te speel vir die Mpumalanga Skole Netbal (MSN) provinsiale span wat jaarliks in die Junie-skoolvakansie deelneem aan die Nasionale netbal toernooi. Laerskool Witrivier streef na uitnemendheid en word op ‘n gereelde basis genader om die Mpumalanga Kampioenskappe aan te bied in samewerking met MSN.

HOKKIE

Liga spanne o/11 – o/13

Laerskool Witrivier is baie bevoorreg om ‘n kranige span afrigters by die skool te hê.  Van ons afrigters speel vir klubs en provinsiale spanne hokkie. Hulle kennis en vaardigheid is onskatbaar en word met sorg aan ons spelers oorgedra. Laerskool Witrivier spog elke jaar met 8 liga spanne in die Laeveld.  Jaar na jaar is ons seuns- en dogterspanne betrokke in die uitspeel rondtes vir die gesogte Mpumalanga-wennerstrofee.  Aan spangees en energie is daar ook geen tekort op die hokkieveld nie.  Ons lewer jaarliks verskeie Mpumalanga spelers op wat pragtige uitslae tydens die Nasionale toernooi behaal.

MINI-HOKKIE

Die mini-hokkie by Laerskool Witrivier is alles behalwe “mini”.  Ons doel is massa deelname en vaardigheidsontwikkeling.  Hier kry elke spelertjie die geleentheid om aan ons verskeie feesdae reg oor die Laeveld deel te neem. Laeveld lekkerte op sy beste! Tydens ons eie feesdag het ons soveel as 824 “hokkie-tjokkers” wat regoor die Laeveld hokkie speel.  Dit lyk behoorlik soos ‘n miernes van seuns en dogters wat met hokkiestokke en hokkieballe baljaar.  Voorwaar ‘n mooi gesig om te sien! Ons personeel is beslis passievolle afrigters wat ook op bestuursvlak hul insette, kennis en kundigheid deel.

KRIEKET & MINI-KRIEKET

Die mini-krieket vind plaas in die derde kwartaal. Alle Gr 1 & Gr 2 seuns en dogters is welkom. Ons streef daarna om elke speler ‘n wedstrydkans te gee. Ons poog om ten minste aan twee Feesdae deel te neem.

Doelwitte

Die mini-krieket vind plaas in die derde kwartaal. Alle Gr 1 & Gr 2 seuns en dogters is welkom. Ons streef daarna in om elke speler ‘n wedstryd kans te gee. Ons poog om ten minste aan twee Feesdae deel te neem.

Afrigters
Daar is een gekwalifiseerde afrigter per span (0/9 – 0/13).  Die afrigter word deur ‘n hulpafrigter ondersteun en vergesel na wedstryde.

Proewe
Proewe geskied in die vorm van n netsessie sowel as ‘n veldwerksessie.  Proewe vir die 0/9 tot 0/13 spelers vind plaas aan die begin van Junie.  Tydens die proewe word daar 14 spelers per groep gekies wat aan die liga in die derde kwartaal gaan deelneem en 12 spelers wat aan ons krieketweek gedurende die Julie vakansie gaan deelneem.

Oefening
Spelers moet geklee wees in gemaklike oefenklere of hul skoolklere met tekkies.

Mpumalanga krieket
Die beste o/10 tot o/13 spelers word jaarliks deur die afrigters genomineer om aan die Ehlanzeni Streeksproewe deel te neem.  Uit die verskillende streke in ons provinsie word daar ‘n o/10, o/11, o/12 en o/13 Mpumalanga-span verkies wat die unie verteenwoordig.

Spanne & Ouderdomme
Daar is slegs een span per ouderdomsgroep.  Die ouderdomme is as volg:  0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13

Liga
Die 0/9 span speel in ‘n vriendskaplike liga.  Die 0/10 tot 0/13 spanne speel in die Mpumalanga Superskool liga.

Toere
Die 0/9 tot 0/13 spanne neem deel aan die Laerskool Witrivier Krieketweek.

Deelname
In elke ouderdom sal daar ‘n groep van 14 gekies word (0/9 – 0/13) wat aan die oefeninge sal deelneem. Uit die groep sal spanne gekies word vir elke week se wedstryde.

Kleredrag
Wedstryde
Witrivier het ‘n eenvormige kriekethemp en krieketkouse wat deur die o/9 tot o/12 spanne gedra word tydens wedstryde.  Die hemp & kouse is te koop by Laerskool Witrivier se klerebank. Die o/13 span ontvang ‘n geborgde kriekethemp.  Dit word gedra saam met hulle Witrivier kriekethoed en wit krieket langbroek.

Oefening
Spelers moet geklee wees in gemaklike oefenklere of hul skoolklere met tekkies.

Mpumalanga krieket
Die beste o/10 tot o/13 spelers word jaarliks deur die afrigters genomineer om aan die Ehlanzeni Streeksproewe deel te neem.  Uit die verskillende streke in ons provinsie word daar ‘n o/11, o/12 en o/13 Mpumalanga span verkies wat die unie verteenwoordig.

Toekeningsplegtigheid
Die volgende toekenings word uitgegee by die skool se formele prysuitdeling:

o/9 – Beste speler
o/10 – Beste speler
o/11 – Beste speler

** Junior krieketspeler van die jaar

o/12 – Beste speler
o/13 – Beste speler

** Senior krieketspeler van die jaar

Liga wedstryde:
Elke speler wat 5 paaltjies in ‘n wedstryd neem of 100 lopies in n beurt aanteken sal ook ‘n aandenking ontvang.

Mini-Krieket (O/7 – O/9)

Mini-Krieket vind in die 3de kwartaal plaas. Alle Gr 1 en 2 seuns en dogters is welkom om te speel. Ons probeer om vir elke speler ten minste een wedstryd te gee.

TENNIS & MINI-TENNIS

Hoekom tennis?
Tennis is ‘n sport wat vanaf 9 tot 90 jarige ouderdom beoefen kan word. Dit kan ‘n individuele of spansport wees, en dit bevorder hand-, oog- en voetkoördinasie.

FIETSRY

Spanne
Alle leerders, seuns en dogters, van ouderdom 0/7 tot 0/13 is welkom.
0/6 – 0/8 Sub Nippers
0/09 – 0/10 Nippers
0/11 – 0/12 Sprog
0/13 – 0/14 Sub Junior

Spur “School Mountain Bike League” se ouderdoms groepe.

Afrigter
Juffrou Elana en Tannie Soretha

Byeenkomste

Die skool neem deel aan die “School Mountain Bike League” wat deur Spur aangebied word. Die skool gee erkenning aan die kinders wat in die reeks byeenkomste deelneem. Die leerders kan ook op hul eie aan ander fietsry geleenthede deelneem.

Kleredrag

Die leerders kan in ‘n gemaklike hemp met tekkies, fietsry-broek en helmet oefen. Elke leerder moet hul eie fiets en valhelm hê. Tydens ‘n resies moet die leerders met die skool se fietsry-broek of step-out hemp ry.

SKOLE-LANDLOOP – LAAT DIE VOETE KLAP!

Skole-landloop is ‘n baie gewilde sportsoort by Laerskool Witrivier. Enige leerder is welkom om deel te neem aan landloop, dit bied ons leerders die geleentheid om uithouvermoë en deursettingsvermoë te beoefen. Dit is net die regte oefening om lekker fiks te word wat ‘n voordeel inhou vir alle sportsoorte. Ons doel is om ‘n liefde te kweek vir hardloop en om leerders se selfdissipline en doelgerigtheid te verbeter.

Die skole-landloop vind tydens die tweede en derde kwartaal van die jaar plaas en daar is geen beperking op deelnemers nie. Leerders kan reeds vanaf graad 1 deelneem. Selfs ouers voeg hul energie en passie vir landloop by en kom oefen saam. Ons het soms selfs voorskoolse atleetjies wat hul staal kom wys. Ons neem elke jaar graag deel aan verskeie landloopbyeenkomste en kampioenskappe wat twee bene het:

Gedurende die tweede kwartaal registreer ons atlete om aan die ASA kompetisies in die omgewing deel te neem en in die derde kwartaal neem ons deel aan die skole landloop. Tydens hierdie kompetisies het ons jaarliks heelwat atlete wat tot op nasionale vlak vorder en het al in die verlede al ‘n hele paar eerste plekke op hierdie vlak behaal. Toegewyde oefening en goeie sportmanskap kenmerk ons skool se sukses in landloop. Kontak gerus die skool.

SKAAK-UNIE – MAAK ‘N SKUIF!

1. Skaak-unie maak jou kind slimmer
Talle wetenskaplike studies het al bewys dat skaak ʼn kind se intelligensie ontwikkel. Dit is eintlik logies want skaak help kinders om hul analitiese vaardigheid te ontwikkel en leer hulle hoe om probleme op te los. Die beste hiervan is dat jou kind hierdie vaardighede ook in ander aspekte van sy of haar lewe kan gebruik.

2. Dit verbeter sosiale vaardighede
Skaak leer kinders sosiale vaardighede en verbeter dit. Dit gaan hier oor meer as net verbale kommunikasie. Skaak leer jou kind hoe om elke wen en verloor te hanteer. Jou kind leer hoe om geduldig te wag terwyl sy teenstander sy opsies oorweeg.

3. Dit is ʼn uitstekende aktiwiteit vir skoolvakansies
Skaak kan ʼn groot bydrae daartoe maak dat jou kind se vakansies meer betekenisvol kan wees. Fisiese oefening is natuurlik ook belangrik maar jou kind moet ook nie die geleentheid misloop om sy verstand verder te ontwikkel nie.

4. Dit verbeter konsentrasie
Deur skaak te speel, ontwikkel kinders die vermoë om te konsentreer. Kinders vind dit moeilik om lank op ʼn taak te konsentreer en dit is waarom ouers hulle kinders moet help om hierdie vaardigheid te ontwikkel.

5. Dit verbeter taalvaardighede
Dit klink dalk onlogies dat skaak jou taalvaardighede ontwikkel, maar talle wetenskaplike studies het al bewys dat skaak ʼn indirekte uitwerking op ʼn kind se taalvaardighede het. Skaak stimuleer verskillende areas in ʼn kind se brein en het dus ook ʼn impak op sy logika, wat ’n belangrike aspek van taalvaardigheid is.

6. Skaak verbeter logiese denke
Skaak leer ʼn kind om strategies te dink. Hy leer hoe om te beplan en hoe om sy plan by elke nuwe situasie aan te pas. Ons weet dat goeie skaakspelers al geleer het hoe om drie of vier stappe vooruit te dink.

7.  Skaak verbeter verskeie lewensvaardighede
Dit is belangrik om uit te lig dat jou kind belangrike lewensvaardighede kan aanleer deur skaak te speel. Byvoorbeeld, ʼn kind kan intuïtief aanleer hoe om op sy teenstander se lyftaal te let en dit te interpreteer. Hy leer ook vinnig hoe om sy eie impulsiewe gedrag te beheer want hy sien in dat vinnige besluite tot foute kan lei. Skaak leer jou ook omtrent die belangrikheid van spanwerk en dat dit soms nodig is om iets op te offer voordat jy iets beter kan verkry.

Skaak is ‘n baie populêre sport by ons skool.  Jaarliks presteer baie van ons leerders tot op nasionale vlak. Ons neem op twee vlakke deel:

Skoleliga:  In hierdie toernooie speel die plaaslike skole teen mekaar en geskied in spanverband. Dit vind normaalweg in die tweede en derde kwartaal plaas.
Ope-toernooie: Ope-toernooie word regdeur die jaar gespeel van Januarie tot Desember. Individueel:  Enig persoon wat skaak kan speel mag deelneem. Jaarlike registrasie fooie is betaalbaar by die skaakunie om te registreer vir die jaar. Spelers word in kategorie ingedeel volgens graderings, ouderdomme of ervaring. Spelers kan reeds van graad een af deel neem. Ervare en goeie spelers kan soms teen volwasse spelers te staan kom en hulle selfs die loef af steek.

Ons deel skaak by ons skool in 3 groepe, nl. juniorskaak vir graad 1 tot 3, skaak vir beginners gr 4 tot 7 en gevorderde skaak vir spelers gr 1 tot 7. Ons spelers neem skaak baie ernstig op. Sommige neem privaat ekstra lesse bo en behalwe die oefengeleenthede by die skool.

Oefentye:  2 ure per week soos die program toelaat.

Tydens die prysuitdeling aan die einde van die jaar word 2 toekennings gemaak vir:  Senior speler van die jaar en Junior speler van die jaar.

Kontak die skool gerus om u kind te laat inskakel!

SOKKER

Doelstellings:

  • Om leerders die kans te bied om te leer hoe om sokker te speel en te geniet.
  • Om die spelers bloot te stel aan kwaliteit sokkerafrigters.
  • Om sokker in Laerskool Witrivier te ontwikkel.

Sokker het een afrigter per ouderdomsgroep. Die afrigter het ‘n assistent om hom/haar te help en die span na wedstryde te vergesel. Proewe vind aan die begin van kwartaal 4 plaas. ‘n Groep sal gekies word waaruit die spanne bestaan. Dit is ‘n vereiste dat die voornemende spelers gedurende die jaar twee ander sportkodes moet nakom voordat hulle vir sokker kwalifiseer. Daar is twee gekombineerde spanne – wat bestaan uit O/10 en O/11 spelers en O/12 en O/13 spelers vir seuns.  Die skool het een O/13 dogterspan wat bestaan uit O/12 en O/13 spelers. Die liga is ‘n vriendskaplike liga wat gedurende die vierde kwartaal plaasvind.

Kleredrag:

Wedstryde – Step out uniform, met wit hokkiesokkies, beenskerms en sokkerstewels.
Oefeninge – Spelers moet gemaklike oefenklere dra, met skeenblokkies en  sokkerstewels.

Kontak ons \
contact us
(013) 751 – 2231 / 2
(013) 750 – 1064
Mon - Fri / 7:35 - 13:35

    Slider