KOSHUIS & NASKOOL
KOSHUIS
Laerskool Witrivier se koshuis bied ‘n bekostigbare opsie vir ouers wat buite Witrivier bly en hulle kinders by ‘n top laerskool in Mpumalanga wil inskryf. Leerders bly van Sondagaand tot Vrydagmiddag in die koshuis. Die koshuis bied ‘n veilige omgewing waar kinders versorg word en leerders word elke dag van drie etes voorsien. Daar is toegewyde personeel wat toesig hou oor die kinders tydens hul vrye tyd en tydens studie. Die akkommodasie wissel van 4-bedkamer tot groter kamers met 8 beddens.
Terwyl hulle in die koshuis is, kan die leerders elke dag sportoefeninge en kulturele aktiwiteite bywoon. Die koshuis spog met die volgende geriewe op die koshuisterrein: ‘n swembad, netbal- en tennisgeriewe, ‘n groot eetkamer en ‘n breë, oop area waar die kinders in die middae kan speel. Die koshuisleerders leer onafhanklikheid en goeie maniere.
NASKOOL
Naskoolfasiliteit waar ouers hul kinders met ‘n geruste hart kan los na die gewone skooldag. Die naskool het tussen 100 – 120 leerlinge wat vanaf Gr 1-7gehuisves word. Na skool word leerders voorsien van ‘n ligte middagete, wat deur die koshuis voorberei word. Huiswerk word elke middag onder toesig van 5 bekwame onderwys-personeel gedoen. Tydens speeltyd buite, hou 2 personeellede toesig. Sommige Vrydae word daar onder toesig lekker geswem in die skoolswembad.